Die Graan-akademie trek van volgende jaar af ‘n nuwe baadjie aan en sal voortaan as die Ag Academy for Leaders bekendstaan. Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, het sewe jaar gelede met dié idee vorendag gekom en hy brei hieroor uit in Woensdag se RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.